|
|
TergnietOns weggesteekte strandoord teen die Suid-Kus van Suid-Afrika - met heerlike visvang- en swemplekke tussen rotspoele en die pragtigste sonsondergang.
Die webtuiste is in Liefdevolle Herinnering aan my Pa (Chris Steenkamp, 1936-2006): Tergniet se 'website' was ons gedeelde vreugde, en sy strandhuis by die Tergniet se see saam met my ma, sy enigste tuiste! Ek mis Pa elke dag meer en meer, maar vind Pa orals. (DS)
Die omgewing van Mosselbaai word in die 'Guiness Book of Records' beskryf as die mees-gematigde klimaat ter wêreld. Dit klop selfs Hawaii! Dis dus geen wonder dat Tergniet en Rheebok, Hartenbos, Groot Brakrivier en omliggende kleiner dorpe sulke gewilde aftreeplekke is nie...
Dolfyne word dikwels gesien, waar hulle agter die eerste branders swem. Walvisse 'toer' met nuwe kleintjies verby tussen die maande van Junie en Oktober.
Talle gesinne hou al jare vreugdevolle vakansies by Tergniet, en permanente inwoners bou lewenslange vriendskappe deur saam te kuier en saam te werk.
Waar kom die naam 'Tergniet' vandaan?
Dit word vertel dat ‘n sekere
Mnr.Luckhoff die naam LUCKHOFF in groot letters op die dak van sy huis by
Tergniet geverf het. Die kusnedersetting en klein spoorweghalte is later
in die volksmond 'Luckhoff' genoem. Dit het egter verwarring veroorsaak,
want daar was in die Vrystaat ook ‘n dorpie met die naam 'Luckhoff'. ‘n
Vergadering is belê om ‘n ander naam te kies. Ds. Hooman, die
spoorwegleraar het tydens die geleentheid die opmerking gemaak: “Terg
elkand › Lees Meer oor die Geskiedenis (Aangepas uit: "Die verhaal van Reebok"
deur Hazel le Roux) |
|
||||||||||||||||||
TuisBlad · Akkommodasie · Geskiedenis · Tergniet Netwerk · Om te Doen · Kontak Ons 2004 © - MeerKatje. All Rights Reserved. 2007 Aangepas. English Version of these Webpages will follow soon... |
||||||||||||||||||||